Vakansie by die see is meer

Dit word herfs en die paasnaweek lê voor. Diwels verander die weer dramaties met paasnaweek, omdat dit altyd dan spring is. Hieroor wil ek graag met voornemende vakansie gangers gesels.

Die see is fassinerend en wonderlik. En die ideale vakansie is ‘n vakansie by die see. So glo  baie mense, en daarom loop ons stranddorpies elke Desember vakansie oor.

Maar wat maak dit dan so wonderlik? Ja, Somer, son, sand en see, sekerlik! Maar daar is soveel meer. Samesyn, ontspanning, speel, rus, pret, familiebande, herlaai, noem maar op. Daar is so baie.

Ongelukkig het baie mense net een ding in hulle kop: Om te swem en te  “tan”. Ongelukkig speel die weer nie altyd saam nie. Dikwels waai die wind. Soms is dit koud, veral saans, En ja, dit kan selfs reën ook!

Veral binnelanders is dan erg onthuts. Hulle hele vakansie is bederf! Hulle gaan onvergenoegd huis toe en sê soms: “Daardie plek sien ons nooit weer nie!”

So het ek een naweek mense gehad wat die Vrydagmiddag ingeboek het. Die Saterdagoggend 6vm skakel sy: Die wind waai. Hulle gaan nou maar oppak en ry ,want ‘n mens kan nie so duur betaal en dan die hele naweek in die huis sit met hulle 2 seunsknders nie.

” Moenie in die huis sit nie!” was my antwoord. “Gaan stap buite en voel hoe die wind jou stoot! Of gaan lê op die wind! Gaan klim die vuurtoring! Gaan drink sjampanje op die Suidpunt van Afrika! Gaan kyk na die wrak! Gaan kyk na die reuse branders as die wind woes waai. Gaan kyk na die bootjies by die hawe en laat die kinders op die strand rondhardloop. Kinders is baie minder gepla oor die wind as grootmense. Gaan vang klipvissies! Gaan kyk hoe lyk die skeepswrakmuseum op Bredasdorp! En sommer ons kersfabriek ook. Dwaal rond in ons skulpwinkeltjies. Gaan kyk na die grot by Waenhuiskrans. Gaan proe wyn op ons wynroete!”.

Ek dink ek het dalk bietjie te sterk oorgekom. Die arme vrou het nie eintlik geantwoord nie. Maar weet julle, hulle het toe die hele naweek gebly – en laat weet dat hulle dit geniet het ook!

Daar is soveel meer wat jy ook binneshuis kan doen – goed waarvoor jy nooit tyd kry nie. Bou ‘n puzzle, speel kaart, geniet dit om net jou kinders te gesels en te speel. En ja, ‘n mens kan ook swem in die reën!  Jy gaan nie natter reën as wat jy is nie en die water voel dikwels warmer op sulke dae.

Die see is wonderlik en die wit sand heerlik om op te lê en sonbrand en dis heerlik om op die strand te stap,  maar ‘n seevakansie is baie meer  as net dit.

Ons hier by die see het al geleer om vrede te maak met die wind en die 4 seisoene wat ons soms op een dag het. Die kitesurfers wens die wind wil waai, en die ouens wat snorkel en duik steur hulle glad nie aan temperatuur of wind nie.

En ons waardeer elke dag die voorreg om hier te kan woon .

17545551_10155087654226866_3565784521830281464_o

20160322_095114

copy-016.jpg

20160102_195150

Tips vir ‘n seevakansie.

 Hierdie is my eerste poging vir die kommersiële mark. Dis egter ‘n onderwerp wat my na aan die hart lê en lesers wat ‘n vakansie hier by ons see beplan, kan gerus lees wat ek hier kwytgeraak het!

000031 (1280x850)

HAPPY SUMMER HOLIDAY!

“We’re going where the sun shines brightly, we’re going where the sea is blue……” It is time for the great migration – to the seaside. Yes, it is almost time for the summer holidays!

SUMMER HOLIDAY TIPS

Here are a few tips and secrets you need to know to help you enjoy your seaside summer holiday:

Travel lightly

This valuable lesson I learned when the airways lost my luggage years ago and I had to spend 6 weeks in Europe with one pair of pants and one top. Believe me, you do not need a lot of clothes! Careful packing makes lighter luggage, especially if you intend traveling a lot, and it makes packing ( and carrying it) just so much easier.

 Four seasons in a day

Well of course you need a swimming costume – preferably two, as it is no fun putting on a wet and itchy costume,. but remember that it is always cooler at the seaside. Sometimes it can be very windy and it can become quite chilly at night, so pack that warm jacket too! And while you are at it: throw in a deck of cards, a game, a book, a puzzle, something for the windy days too.

 Tackies and “plakkies”

Apart from your beautiful sandals, do pack a pair of really old tackies as well – great for exploring the rock puddles and caves.

 Don’t forget the sunscreen!

To suffer sunburn is not only very dangerous, but also very uncomfortable and downright painful. It can spoil a lovely holiday. Time yourself when tanning and use suntan lotion with high UV protection. It is no use trying to get brown too quickly – it peals right off, and is just not worth the pain.

Sunglasses oh oh

To protect your eyes – to watch the opposite sex, to hide behind, to cry behind … and yes – remember your hat too!

And while you are at it – what about some insect repellent to protect you at night from the wee beasties?

SUMMER HOLIDAY SEASIDE SECRETS

 

Wind and wine

The Cape is known for its lovely sunshine, but also for its wind (and its wine). Be at peace with the wind. There are a lot of things you can do if it is not a good day for swimming or tanning, for example wine tasting, a visit to the museums, art galleries, local craft markets, theatres and good restaurants. Find out from the locals and tourist information what facilities and what special holiday programs there are. Did I mention the wine?

Timing, timing!

The best time to enjoy the sea is early in the morning. Yes, early! That time of the day is mostly wind free, and the sun is not so dangerous either. After 10 am the chances are greater that there might be wind. This might be a good thing, as it is also the time when sunburn starts to become a real danger. Even a strong wind often subsides again in the evening and nights are often lovely.

 Timing the tides

Buy yourself a booklet with the tide timetable. You will want to know when it is high tide for swimming and especially when it is spring low tide for exploring rock pools. Remember that it is safer and more fun to swim when the tide is coming in than out. Also check when the moon is nearly full. Then the moon rises early at night and it is a great time to go for a walk on the beach with the moonlight and extra low tide at the same time.

 Dine like a king

Believe me, there is a vast difference between fresh and frozen fish. Buy fish preferably as soon as it is caught and make sure to buy it on the day you want to eat it. Ask restaurants for the fish of the day.

 Take every day as an adventure

Rain, sun, wind, make the best of it, treat every adversity as an adventure and you will have a super holiday!

 

Author: Anna-Marie Groenewald

Short bio: the author lives near Cape Agulhas, the Southern most tip of Africa, and has 4 self catering accommodation apartments that she rents out. She has written for newspapers, had stories published in magazines and self published 2 books. She has 2 blogs,  https://seegoggaaccommodation.wordpress.com/  is mainly about the Overberg and her self catering business, and her other interesting blog,  https://seegogga.com/ features a wide variety of subjects. 

Contact: https://seegogga.com/kontak-ons/ 

Reference:

Quote: summer Holiday bay Cliff Richard

My own experience

goue see in die middel van die nag

Seegogga se Bloggie

Dis laatnag. Die stormwind loei om die hoeke van die huis. Dis koud en ek sit so na aan die kaggelvuurtjie met sy laaste stompie op. Dis winter soos dit net in die Kaap winter kan wees in Septembermaand.

Toe ontdek ek die goue see wat ek afgeneem het, April vanjaar. Soms as die wind woed, en grys kombers die aarde toemaak, is dit goed om te sien hoe kosbaar ons seeskatte is. IMG_1201IMG_1216

IMG_1228Al 3 die fotos is geneem vanaf ou Rus ‘n Bietjie op Agulhas se erf.

View original post

Seeskatte

Seegogga se Bloggie

Die see verander altyd. Dit gee soms skatte waarvan ons net kan droom, avonture  wat nooit weer herhaal sal word nie, omdat dit so ongewoon is, en nes jy dink jy ken die see, dan gebeur daar iets nuuts.

Ek het verlede keer vertel van die groot skool dolfyne, die dag van die seesterre en die dag van die groen seepampoentjies- almal uitsonderlike gebeurtenisse. Ek het lank gelede vertel van Parrie , ons beroemde pylstert in die hawe. IMG_1169Waarvan ek nog nie vertel het nie, is van ons nuutste inwoner.So ongeveer ‘n maand gelede het hy net hier opgedaag in die hawe: Robbie die rob.

Hier op Struisbaai sal ‘n mens soms ‘n rob in die water sien baai, maar nooit eintlik op die strand nie.As hulle hier lê is daar iets

IMG_1170verkeerd en Robbie het swak en maer gelyk. Iets was verkeerd.

Hy het is sy toestand seker die beste…

View original post 413 more words

by die see gebeur daar altyd iets

Like ·  · Promote · 
  • Klik op die prentjie op die mooi video te sien van Struisbaai Fishing Adventures, wat my toestemming gegee het om dit te plaas.

By die see gebeur daar altyd iets! Soos die see nooit twee dae lank dieselfde is nie, so is die gebeutertenisse ook altyd ‘n verrassing.

Ek onthou hoe ek en die kinders een winderige koue Sondagmiddag af see toe is. Niemand wou water toe gaan nie, agv die gure weer, maar ek het voet by stuk gehou dat ‘n mense nie ‘n hele  naweek see toe kan gaan en dan nooit eers by die see self uitkom nie.

Toe ons daar by die twee ou mure van Struisbaai kom ( vandag Die Blokke genoem), lê daar seesterre: duisende en duisende! ‘n Mens kan nie trap nie, of jy trap op een. Hulle is almal redelik groot en grys. Die wat op die sand lê, is opgekrul en lyk dood, en die in die water lewe . As die “droë” seesterre in die water teruggesit word, het hulle pote weer oopgekrul en het hulle weer begin lewe kry! Ons het begin om die op die sand terug te sit in die water – ‘n onbegonne taak, want daar was duisende! Vergete was die wind, die koue en die gure weer. My kinders het hulle gate uit geniet en een van daardie wonderlike seeoomblikke beleef- iets wat hulle dalk nooit weer so sal sien nie.

‘n Ander keer het ons by die walle op daardie groen pampoentjie skulpies afgekom. Ook duisende en mooi groot ook! Ons het daardie dag 3 streepsakke vol seepampoentjies opgetel  – strus bob!.Gelukkig tog dat my pa die sakke agter in sy bakkie gehad het. As hy meer sakke gehad het, sou ons hulle ook kon vul. Ek het nog nooit weer so ‘n oorvloed van die groen skulpe beleef nie.

Hier op die video hierbo, sien julle ook ‘n wonderlike gesig- ook iets wat nie aldag op Struisbaai voorkom nie. Die dolfyne -honderde van hulle! Dit moet seker deel wees van die ‘dolphin run’ wat elke jaar plaasvind as die vis loop, maar ai, dis mooi!

Liewe Transvaalse besoekers, onthou tog , as die weer dalk nie is soos u bestel het nie, die see is altyd opwindend. Daar gebeur altyd iets. al is dit ook nou net die skuimende groot branders en die seevoëls wat vlieg, maar iets sal jy kry wat spesiaal is.

Struisbaai bo!

Plek vir Paasnaweek!

Jippie!!! Ek het huurders vir Erika gekry!

In my vorige blog het ek mos vertel van die kanselasie gister, nè. Wel, vanoggend vroeg kry ek ‘n telefoonoproep van ‘n vorige klient. Ja, Erika is bespreek vir die naweek. Ai, ek is regtig dankbaar. En ek is ook baie bly Toortsie-hulle kan weer eet!! Ja, sy het mos haar sleuteltjie weer opgespoor. Dit gaan goed hier in die Overberg!

Maar weet julle, Paasnaweek le om die draai, en ten spyte van baie navrae, het ek nog steeds 1 woonstel, Annie’s Flat, oop vir die paasnaweek.  Kyk asb na Annies’s flat hier deur hier te klik.

Annies is geskik vir maksimum 4 persone, maar is absoluut ideaal vir 2. Die prys vir die paasnaweek is R500per nag vir 2 persone , R550pn vir 3 persone en R600pn vir 4 persone. Let asb daarop dat Paasnaweek uit 4 nagte bestaan en dat u bespreking dus ten minste vir 4 nagte moet wees, indien enige van u nagte binne die Paasnaweek val.

Versprei tog asseblief die woord. Daar is altyd soveel mense wat plek soek vir Paasnaweek. Stuur hulle hierheen. Vir alle navrae, skakel 0845874228 of e-pos seegogga@gmail.com

En as julle dalk wonder of dit die moeite werd is, kyk en luister ‘n bietjie na die Struisbaai liedjie! Ek self kan nie wag vir my paar dagies vakansie daar nie.

 

Beskikbare datums vir akkommodasie in 2016: klik hier (laaste opdatering 04/03/2017)

Continue reading